2de Oscar-toekenningsaand

  2de Oscar-toekenningsaand 

Datum 3 April 1930
Plek Ambassador Hotel, Los Angeles
Aanbieder William C. DeMille
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Broadway Melody
Meeste benoemings  In Old Arizona
The Patriot (5 elk)

Die 2de Oscar-toekenningsaand deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences is op 3 April 1930 gehou om die beste rolprente van die tydperk 1 Augustus 1928 tot 31 Julie 1929 te vereer. Dit is gehou met ’n banket in die Ambassador Hotel in Los Angeles, Kalifornië, en is regstreeks oor die radio uitgesaai. William C. DeMille was die aanbieder.

Omdat die pryse toegeken is meer as agt maande ná die tydperk waarvan die rolprente in aanmerking gekom het, is besluit om die 3de Oscar-toekenningsaand in November 1930 te hou sodat die toekenning nader aan die relevante periode kan plaasvind. Die gevolg is dat 1930 die enigste jaar is waarin twee seremonies in dieselfde kalenderjaar gehou is.

Die tweede toekenningsaand het in ’n paar opsigte verskil van die eerste. Die belangrikstes hiervan was dat die wenners nie voor die tyd bekend gemaak is en daar nie amptelike benoemdes was nie, net nie-amptelike benoemdes uit die rolprente wat beoordeel is. Die getal kategorieë is ook van 12 tot 7 verminder.

The Divine Lady is die enigste prent wat al ’n Oscar vir beste regisseur ontvang het sonder dat dit vir beste rolprent benoem is, behalwe in die vorige jaar toe daar ’n prys vir die regisseur van ’n komedie was. Dit is ook die enigste keer dat geen rolprent meer as een Oscar gewen het nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search